Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
25/07/2025 Duración: 23minCorné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium en Christiaan Wessels, gesertifiseerde finansiële beplanner by Futurum Financial Group (FFG), beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Suid-Afrikaners het te veel skuld
25/07/2025 Duración: 15minJean-Pierre Lombard, finansiële konsultant by DebtBusters, gesels oor hulle jongste Stresindeks, en Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor goeie en slegte skuld. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die JSE Alsi haal bietjie asem
25/07/2025 Duración: 06minCraig Gibson, portefeuljebestuurder by Portfolium, bespreek die dryfkragte agter die JSE se Algehele Indeks (Alsi) wat tot bo 100 000 punte gestyg het, asook Hyprop wat wegstap van sy aanbod om MAS te koop. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 25 Julie 2025
25/07/2025 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Tinus drink koffie met Emile du Plessis van Standard Bank
24/07/2025 Duración: 09minEmile du Plessis, hoof van ekonomiese insig en gedragsekonomie by Standard Bank, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, industrie en sy stokperdjies. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Luno bied van Augustus aandeelsimbole te koop aan
24/07/2025 Duración: 08minChristo de Wit, hoof van Luno Suid-Afrika, verduidelik wat ’n getokeniseerde aandeel is en hoe dit op die Luno-platform sal werk. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
So waar behoort die rand nou teen die dollar te verhandel?
24/07/2025 Duración: 07minJohann Els, hoofekonoom by Old Mutual, verduidelik wat hy dink die waarde van die rand behoort te wees en hoe dit bepaal word. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Aandelemarkte klim weer
24/07/2025 Duración: 11minOmri Thomas, direkteur by Abax Investments, deel sy perspektief oor die jongste hoogtepunte in die mark en hoe beleggers dit behoort te benader. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die JSE sak terug van sy rekordvlakke, maar die rand klou aan gister se vlakke
24/07/2025 Duración: 09minNerina Visser, ETF strateeg en adviseur, etfSA, bespreek die JSE se 100 000 hoogtepunt gister, die mynbou-indeks, onsekerheid in die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 24 Julie 2025
24/07/2025 Duración: 50minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Trump se kriptowette gaan banke roer
23/07/2025 Duración: 06minKokkie Kooyman, fondsbestuurder by Denker Capital, gesels oor kripto in die bankbedryf. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markte: Herstel volg op elke val – moet dit nie misloop nie
23/07/2025 Duración: 06minPieter Koornhof, portefeuljebestuurder by Allan Gray, verduidelik waarom dit noodsaaklik is om langertermyn tendense te verstaan wanneer jy besig is om welvaart te bou. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Ná 15 jaar is die regering skielik haastig met Aarto
23/07/2025 Duración: 05minCornelia van Niekerk van Fines4U gesels oor die wet op Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortreedings (Aarto). Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Daar kom dalk 60 wysigings aan arbeidswetgewing
23/07/2025 Duración: 10minProf Hugo Pienaar, direkteur by Thomson Wilks Prokureurs, bespreek die voorgestelde wysigings aan die arbeidswetgewing en wanneer dit moontlik in werking kan tree. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
JSE breek deur 100 000 punte
23/07/2025 Duración: 12minSchalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor die JSE se se indeks van alle aandele wat vir die eerste keer tot meer as 100 000 punte styg, Natco Pharma se aanbod aan Adcock Ingram, en Canal+ wat goedkeuring kry om MultiChoice oor te neem. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 23 Julie 2025
23/07/2025 Duración: 47minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die jagbedryf skiet reguit in die hart van die ekonomie
22/07/2025 Duración: 07minProf Peet van der Merwe van die Noordwes-Universiteit (NWU) bespreek hulle navorsing oor die jagbedryf in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
“SA se bek-en-klouseer stelsel werk nie” – Steenhuisen
22/07/2025 Duración: 08minDewald Olivier, uitvoerende hoof van Red Meat Industry Services (RMIS), bespreek die minister van landbou, John Steenhuisen, se kommentaar oor die reaksiestelsel op bek-en-klouseer, en hoe lank dit sal neem om die uitbreking onder beheer te kry. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wees versigtig as die Inkomstediens jou belastingaanspreeklikheid “raam”
22/07/2025 Duración: 06minNico Theron, belastingspesialis en stigter van Unicus Tax Specialists, verduidelik wat ’n geraamde of geskatte aanslag is, en wanneer die Inkomstediens dit kan uitreik. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Ibex verkoop (uiteindelik) sy 28%-belang in Pepkor
22/07/2025 Duración: 11minJean-Pierre Verster, uitvoerende hoof van Protea Capital Management, deel sy insigte oor Ibex se verkoop van sy belang in Pepkor. Volg RSG Geldsake op Twitter