Informações:
Sinopsis
ToekomsVenster is daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVDs en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Episodios
-
ToekomsVenster: Die dimensies van die kruis
04/04/2024 Duración: 02minJesus het jou lief sodat jy die maatjie langs jou kan liefhê. Dit werk nie anders nie. Die een is voorwaarde, die ander die noodwendige gevolg.
-
ToekomsVenster: Daardie halwe sny brood
04/04/2024 Duración: 03minMiskien kan jy in jou vriendekring of Bybelstudiegroep besin oor hoe julle ʼn bydrae kan lewer om honger in ons sonskynland te help aanspreek.
-
ToekomsVenster: Wat dan is die sin van alles?
03/04/2024 Duración: 03minAs God nie daar is nie, watter sin het alles? Maar nou is Hy daar, werksaam in ons lewens en in ons wêreld. Skep moed!
-
ToekomsVenster: Die spiraal na Bo
02/04/2024 Duración: 05minAs jy dit in jou eie krag aandurf sal dit jou onderkry. Gewapen met die volheid van God in Christus Jesus lyk dinge anders. Dit verteenwoordig uitdagings wat in die krag van sy Gees aangedurf kan word.
-
ToekomsVenster: Die spiraal na onder
28/03/2024 Duración: 03minNatuurlik wil die Here nie hê dat ons so moet leef nie. Daar is ʼn ander manier om die lewe en sy uitdagings te benader.
-
ToekomsVenster: Hoe kyk ons na mekaar?
25/03/2024 Duración: 03minDie Man aan die kruis kyk met soveel empatie na ons. Hoe kyk ons na mekaar?
-
ToekomsVenster: Ons is mens onder mense
25/03/2024 Duración: 05minPaasfees herinner ons dat God die wêreld, die hele wêreld, die mensewêreld ingesluit, so lief het dat Hy sy beste opoffer sodat iets van eg menswees herstel kon word.
-
ToekomsVenster: Gegiet in God se beeld
25/03/2024 Duración: 03minWaartoe roep die gebeure ons as dit nie tot diepe dankbaarheid, verwondering en toewyding is nie?
-
ToekomsVenster: Moenie jou hart verloor nie
25/03/2024 Duración: 03minOns mag nie toegee aan die harteloosheid van die wêreld nie.
-
ToekomsVenster: Is God afwesig?
25/03/2024 Duración: 04minDan sê die spreker na wie ek verwys dat dit nie God is wat by wyse van spreke verhoor word nie, ons staan skuldig. Wat het ons met hierdie wêreld, wat God in sy wysheid aan ons toevertrou het, gemaak?
-
ToekomsVenster: Die vier vingers wat terugwys
20/03/2024 Duración: 03minKan jy sien hoe dit belangstelling wek, liefde ontsluit? As daardie vermaning seermaak, is dit waarskynlik nie liefde nie.
-
-
ToekomsVenster: Jou lewe het betekenis
20/03/2024 Duración: 04minIs daar in ons baie gejaagde, kompeterende wêreld nog tyd en plek vir ouer persone?
-
ToekomsVenster: Loshande deur die lewe
18/03/2024 Duración: 03minIs jy steeds op wieletjies? Kom jy reg sonder om hulp te vra, of is dit ʼn geval van: “Dankie Here, ek kon die uitdaging hanteer. Dankie dat U daar sal wees vir die volgende uitdaging”?
-
ToekomsVenster: Hoe dan anders?
18/03/2024 Duración: 03minEen van die grootste foute wat ons kan maak is om goed as vanselfsprekend te aanvaar. Bid dan saam met my: “Here, ek bekeer my opnuut tot U”.
-
ToekomsVenster: Mag ons nederigheid hê
12/03/2024 Duración: 03minOns gaan waarskynlik verras word deur hoe God oor dinge dink.
-
ToekomsVenster: Eenheid en verskeidenheid
12/03/2024 Duración: 04minHoe dink ons oor eenheid en verskeidenheid binne die een liggaam van Christus Jesus?
-
ToekomsVenster: Jesus het alles vir ons gegee
12/03/2024 Duración: 04minDaar is nie sprake van winskope wanneer dit by die Koninkryk se sake kom nie.
-
ToekomsVenster: Gemaak met ’n besonderse doel
12/03/2024 Duración: 04minDie woordjie “uitverkies” word somtyds met baie emosie gelaai. Sou dit beteken dat God sommige gekies en ander dus verwerp het?
-
ToekomsVenster: Om ’n gawe van onderskeiding te ontwikkel
11/03/2024 Duración: 03minDie vraag aan die einde van die dag lyk my is: is ons regtig met die Here se werk besig?