Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
13/06/2025 Duración: 22minMia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, en Andries Nel, direkteur van welvaartbestuur en adviesdienste by dieselfde firma, beantwoord luisteraars se vrae oor sake wat hul sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Moet jy nie dalk vroeg aftree nie?
13/06/2025 Duración: 08minHardi Swart, besturende direkteur en stigter van Family Wealth Custodians, gesels oor die redes om vroeër af te tree. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Goud en olie se prys styg na Israel teikens in Iran bestook
13/06/2025 Duración: 05minAndries Rossouw, leier van energie, nutsdienste en hulpbronne by PwC Afrika, deel insigte oor die pryse van goud en olie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markte en die rand sluit die week op ‘n negatiewe noot
13/06/2025 Duración: 09minMia Kriegler, direkteur batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 13 Junie 2025
13/06/2025 Duración: 49minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Ontmoet die beste maker van Chenin Blanc in die wêreld
12/06/2025 Duración: 10minJohan Jordaan, keldermeester by die Spier-wynplaas naby Stellenbosch, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, die wynbedryf, wat hy doen om te ontspan, en sy onlangse toekenning. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die staat wil grond onteien vir transmissielyne
12/06/2025 Duración: 11minVolgens die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa, is sommige projekte al vir meer as drie jaar vertraag weens uitdagings tydens onderhandelinge met grondeienaars. Lungisa Magwentshu, senior bestuurder vir grond en regte by die Nasionale Transmissiemaatskappy, verduidelik presies hoe hulle beplan om grond te onteien. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Het SA ’n staatsbeheerde verskepingsmaatskappy nodig?
12/06/2025 Duración: 05minDie vervoerekonoom, dr. Joachim Vermooten, deel sy insigte oor die Suid-Afrikaanse regering se planne om ’n staatsbeheerde verskepingsmaatskappy te stig. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Multichoice bloei steeds intekenare
12/06/2025 Duración: 10minMultiChoice het gister sy jaarlikse finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak, met ’n omset wat 9% laer is. Die uitvoerende hoof, Tim Jacobs, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
China hardloop op ses silinders
12/06/2025 Duración: 05minAmelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, gesels oor haar besoek aan China, en Naspers en Prosus se handelsverklaring. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 12 Junie 2025
12/06/2025 Duración: 46minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoe werk kripto-arbitrage?
11/06/2025 Duración: 06minHarry Scherzer, uitvoerende hoof, Future Forex Volg RSG Geldsake op Twitter
-
IcasaSePush skakel sy Starlink-bedrywighede in Suid-Afrika af
11/06/2025 Duración: 06minHanno Labuschagne – Joernalist, MyBroadband Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Discovery Health sien nóg dalings in mediese fondslede, maar is nie alleen nie
11/06/2025 Duración: 12minDeon Kotze, handelshoof , Discovery Health Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Dít is hoekom Capitec dink die werkloosheidskoers in SA is nader aan 10% as die amptelike 33%
11/06/2025 Duración: 09minFrancois Viviers, hoof van bemarking en kommunikasie, Capitec Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markoorsig
11/06/2025 Duración: 06minJohan Gouws – hoof: welvaartadviesdienste, PPS Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 11 Junie 2025
11/06/2025 Duración: 46minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Dié alge is dalk ’n oplossing vir SA se rioolprobleme
10/06/2025 Duración: 06minDr Yolandi Schoeman, UFS Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Is dit weer tyd om na buitelandse beleggings te kyk? Pasop en doen dit net vir die regte redes
10/06/2025 Duración: 10minJac de Wet, PSG Wealth Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Goodyear sluit na 78 jaar sy fabriek in Port Elizabeth
10/06/2025 Duración: 09minDenise van Huyssteen – Uitvoerende hoof, NMBBC Volg RSG Geldsake op Twitter