Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Danny Smoke wys sy romantiese kant
17/10/2025 Duración: 24minTerwyl Danny in ʼn klein vertrek in sy huis oor sy troudag geskryf het, het hy nie gedink dit sou soveel vreugde en emosies by ander getroude paartjies of aanstaandes op sosiale media ontketen nie. Maroela Media
-
Taai jaar vir Christia inspireer nuwe musiek
17/10/2025 Duración: 15min“Ek is hierdie jaar deur baie dinge. Ek het my loopbaan weer aan die gang gekry en is deur ʼn egskeiding, so ek is nou meer as ooit vantevore dankbaar vir my sirkel van mense.” Maroela Media
-
Kwartmiljoen pakke sanitêre ware hou meisies in die klas
15/10/2025 Duración: 22sDie HelpHetta-projek van Helpende Hand verhoed dat meisies tot 55 skooldae per jaar mis en verseker so toegang tot onderwys en drome wat bewaarheid word. Danelle du Plessis, projekorganiseerder van HelpHetta, verduidelik van die nuwe mikpunt vir HelpHetta wat jy kan ondersteun. Maroela Media
-
Geloof, verlies kerf Lucia se musikale pad
07/10/2025 Duración: 23min“Dis wonderlik om te sien wat die Here in ʼn mens se lewe kan doen as jy totaal en al oorgee aan Hom.” Maroela Media
-
Kos, goeie eetgewoontes sleutel tot bloedsuikerbeheer
03/10/2025 Duración: 14minIn die laaste aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor diabetes, werp twee kenners lig op die impak van eetgewoontes op bloedsuikerbeheer. Maroela Media
-
Geloof dryf Len Muller se musiek
02/10/2025 Duración: 13min“Ek maak musiek uit eie sak en hoop dat iemand iewers aanklank daarby sal vind en dat dit hulle nader aan di Maroela Media
-
Proteïenpoeiers: gesonde alternatief of geldmors?
30/09/2025 Duración: 14minIn die tweede episode van Maroela Media se proteïen-podsendingreeks delf ons dieper in die wêreld van proteïenpoeiers en gesels met Chanel Vogl, eienaar van Ovo Protein – ʼn unieke eierwitproteïenpoeier. Maroela Media
-
Onderwysers sê skooltas gee kinders hoop
29/09/2025 Duración: 12minElke kind verdien om die eerste dag van die skooljaar met trots te begin, en jy kan dit help moontlik maak. Juffrou Nita Gerber Heyns het die waarde van ʼn skooltas en skryfbehoeftes benadruk en wyse raad met ouers van kinders in die grondslagfase gedeel. Maroela Media
-
Armand Hofmeyr druk eie stempel af
29/09/2025 Duración: 13minPa en seun se musikale genres verskil hemelsbreed, maar albei probeer dieselfde ding deur hul musiek bereik: om Afrikaans as taal te bevorder. Maroela Media
-
Anthonie Bougas se ma vertel van aanvalle op gesin
27/09/2025 Duración: 05minMaroela Media gesels met interessante mense in die ateljee. Maroela Media
-
GLP-1 – foefie of wondermiddel vir gewigsverlies?
26/09/2025 Duración: 12minIn Maroela Media se jongste episode in ons podsendingreeks oor diabetes, werp Chanelle Retief, ʼn dieetkundige, en dr. Marlé van der Merwe, ʼn algemene praktisyn, lig op wat presies GLP-1 is en hoe dit gebruik kan word. Maroela Media
-
Proteïene: Wondervoedingsmiddel of dieetfoefie?
19/09/2025 Duración: 18minIn die eerste episode gesels ons met Chanelle Retief, ʼn dieetkundige en eienaar van die dieetkundige praktyk NutriFundi, oor die boustene van proteïene en of dit werklik nodig is om in ál jou maaltye in te werk. Maroela Media
-
Marthlé se Kraak Beskuit verower harte, en joune kan ook
18/09/2025 Duración: 13minDié voormalige onderwyseres vertel hoe ʼn baksel beskuit haar lewe onherroeplik verander het en bewys het familie, tradisie en ʼn skeppende hand kan die resep vir sukses wees. Maroela Media
-
Nuwe musiek vir Robbie Wessels in egte storievertelstyl
16/09/2025 Duración: 12minRobbie Wessels se nuwe vollengte-album het onlangs die lig gesien, maar ná al die jare huiwer hy steeds nie om vir aanhangers die “Leeuloop” “stap vir stap” te verduidelik nie. Maroela Media
-
Só vloei musiek in vierde geslag Heuer-musikant se are
15/09/2025 Duración: 08min“Ek voel baie keer soos ʼn middel waardeur God musiek laat vloei en het dit my missie gemaak om vir Afrikaanse mense musiek te bring.” Maroela Media
-
Afrikaner diaspora wil hul identiteit, taal en kultuur vier
12/09/2025 Duración: 20minMyHartland is ʼn digitale platform wat Afrikaners wêreldwyd help om hul identiteit, taal en kultuur lewendig te hou. Nicolien Welthagen van die SNI vertel meer oor hulle navorsing oor die Afrikaner-diaspora en verduidelik hoe MyHartland ʼn brug bou tussen Afrikaners oor die wêreld heen. Maroela Media
-
'Jesus’-kletsbotte wek etiese vrae onder gelowiges
12/09/2025 Duración: 11min“Ware kennis van KI kan ons help om die konteks en genre van tekste in die Bybel te verstaan, en gee vir ons ʼn goeie idee van waar die teks in die geskiedenis en ook in God se geskiedenis met die mens geplaas word, sodat die Woord aktueel bly.” Maroela Media
-
‘Diabetes nie ʼn resies nie,’ sê jare langer lyer
12/09/2025 Duración: 14min“Diabetes beïnvloed jou lewe op verskillende maniere. Dit is soos ʼn kleuter in die huis wat voortdurend versorg moet word. My hele lewensuitkyk het verander nadat ek gediagnoseer is.” Maroela Media
-
Energieke bootskaatser ry nou Afrikaanse musiekgolf
12/09/2025 Duración: 09min“Ek hou daarvan om nuwe dinge te probeer en gee nie om om my kop te stamp nie. Ek dink mense moenie so ʼn groot ding maak van goed wat verkeerd loop nie.” Maroela Media
-
Ruan Tennant gee nuwe lewe aan Carike-treffer van ouds
08/09/2025 Duración: 10min“As kind het ‘Hoeka toeka’ vir my baie vreugde gebring, en Carike is steeds vir my ʼn ikoon. Die liedjie het ʼn lekker skop, en dit het my altyd goed laat voel.” Maroela Media