Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Gesinne van verslaafdes verdien ook berading
20/06/2025 Duración: 10min“Navorsing toon dat verslawing van generasie tot generasie oorgedra word en dat dit aangeleerde gedrag is. Dis nie net die verslaafde wat in so ʼn siklus vasgevang is wat swaarkry nie, maar ook dié se geliefdes.” Maroela Media
-
Luister | Kabouterbos Kleuterskool is die plek waar kleintjies in Afrikaans kan gedy
18/06/2025 Duración: 03minOp 1 Julie open ʼn unieke Afrikaanse kleuterskool sy deure in Pretoria. Hier lê visie, waardes en hoop agter ʼn ruimte wat kinders se groei wil bevorder. Kom hoor hoekom die span van Die MOS Inisiatief dié droomprojek begin het – en hoe dit Afrikaans vier. Maroela Media
-
Stoepstories | Geloofsprong lei SA gesin na ‘idilliese eilandlewe’ in Mosambiek
17/06/2025 Duración: 17min“Ek dink hulle is stomgeslaan en kan nie glo hoe ons leef nie, maar hulle is ook mal daaroor. Dit is pragtig, dis teen die see met palmbome oral. Ek dink hulle is bly dat ons die kans gevat het.” Maroela Media
-
Is dit tyd vir ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie?
09/06/2025 Duración: 08minKom luister ook na die onderhoud met Morné van Emmenes, bemarkingshoof by Virseker. Hy het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Mizanne van Wyk gesels oor Virseker se soektog na ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie. Maroela Media
-
Vervolgingsondag plaas kollig op Christene se nood in Afrika
03/06/2025 Duración: 10minDie kerk in Afrika is die grootste en jongste ter wêreld, tog ervaar dit tans ʼn ongekende aanslag. Geopende Deure Suider-Afrika wil met die herdenking van Vervolgingsondag die soeklig op dié Christene se nood plaas. Kom luister ook na die volledige onderhoud met Elizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika. Maroela Media
-
Franja wys haar ander, dieper kant
03/06/2025 Duración: 08min“Ek is beslis nog jonk van gees en jonk in my hart, maar ek voel nou anders oor sekere goed en sien uit daarna dat mense hierdie deel van my sien.” Maroela Media
-
Akteursvriende skuif saam agter mikrofoon in vir treffende duet
23/05/2025 Duración: 20min“Moenie dink nie, doen net” is die leuse waarmee akteurs Armand Aucamp en Christia Visser se karakters in die 2015-lokettreffer Ballade vir ʼn enkeling die lewe aangepak het. Met dieselfde ingesteldheid het dié dinamiese duo, en hegte vriende, hul talente saamgesnoer vir ʼn nuwe – en in Armand se geval, debuut – enkelsnit. Maroela Media
-
Leah spog met lied uit haar eie pen
19/05/2025 Duración: 10minMet lirieke soos “die lekkerste lekker ding om te doen is te soen” skerts sy dat die liedjie ook terugverwys na een van haar bekendste treffers. Maroela Media
-
Kitaarspeler betree kollig ná dekade agter skerms
18/05/2025 Duración: 17min“Ek dink Theuns het dalk destyds iets in my raakgesien wat ek nog nie in myself kon sien nie.” Maroela Media
-
Jong musiekduo woeker met Afrikaanse musiek
14/05/2025 Duración: 11minKosie het reeds as jong seun begin naam maak in die musiekbedryf met sy musikale vernuf en kan 14 instrumente bespeel, insluitend die konsertina en trekklavier. Maroela Media
-
Kom ervaar spesiale Hemelvaart met ‘Kroon van wonders’
14/05/2025 Duración: 16minFranco Prinsloo, bekroonde komponis en dirigent van die Vox Chamber Choir, het saam met Lynni du Toit en Soané Ackerman, twee lede van die koor, in Maroela Media se ateljee oor "Kroon van wonders" gesels. Maroela Media
-
Heimwee oor jongmensjare kry gestalte in Ruan Josh-snit
29/04/2025 Duración: 15min“Met dit waardeur ek nou is, raak mens ook bewus van die lewe en die beperkte tyd wat jy saam met jou geliefdes het. In die uitdagings wat die lewe gooi, moet jy die mooi en die seëninge raaksien.” Maroela Media
-
Kuier, koop en ondersteun plaaslik by die Maroela-mark
28/04/2025 Duración: 07minSoek jy ʼn T-hemp met Afrikaanse humor, essensiële olies of iets spesiaals vir jou vriendin? Jy sal dit by die Maroela-mark kry – dalk sommer alles op een slag. Maroela Media
-
Hondepark bring groot pootpret na jou voorstoep
26/04/2025 Duración: 17minʼn Unieke hondepark open binnekort sy hekke wat beloof om jou hond se stert behoorlik te laat swaai van opgewondenheid en jou eie hart te laat warm klop. Paws & Boots-hondepark se amptelike bekendstelling vind in Mei in Clubview, Centurion, plaas, en jy en jou viervoetige vriende is welkom om hier na hartelus te kom speel en uit te span. Maroela Media
-
Dinamiese Karla Bosch vir eers terug agter mikrofoon
25/04/2025 Duración: 16min“Almal het al gevoel dat iemand hulle wêreld is. Of dit ʼn ouer is wat jy verloor het, of jou lewensmaat vir wie jy baie lief is, almal het dit al ervaar.” Maroela Media
-
Gesoute musikante ploeg terug in jong talent
23/04/2025 Duración: 28min“Ons groot doelwit is om opkomende Afrikaanse kunstenaars en mense wat in die bedryf doenig wil raak te bemagtig met soveel kennis as moontlik.” Maroela Media
-
Janie Bay skryf ode aan Jan Bloukaas
11/04/2025 Duración: 14min“Musiek is die mooiste geskenk wat vir ons gegee is. Ek weet nie hoe mense sal ‘cope’ sonder musiek nie. Dit is waarnatoe jy gaan – jou toevlug wanneer jy nie weet wat om te doen nie.” Maroela Media
-
Lesse geleer by Capitec
03/04/2025 Duración: 02minIn sy boek 'Capitec, Stryd met die grotes', sit TJ Strydom uiteen hoe Capitec dit kon rekry om een van die grootste banke in Suid-Afrika te word. Maroela Media
-
Afrikaanse komedie ‘moontlik beste van die jaar’
20/03/2025 Duración: 01min“Som van twee” bewys dat Afrikaans vol manewales kan wees sonder om in die “longdrop” te beland. Maroela Media
-
Pieter Smith tokkel snare vir kinderoortjies
17/03/2025 Duración: 10minOns ken hom vir treffers soos “Stukkie van der Merwe” en “Willemina van Gezina”, maar nou maak die sanger en liedjieskrywer Pieter Smith musiek vir heelwat jonger ore. Maroela Media