Dirk Scheepers Program

Informações:

Sinopsis

Basies alles wat jy nie om 'n beskaafde braaivuur kan bespreek nie. Meestal polities inkorrek, sonder sensuur, met hier en daar 'n kras woord.

Episodios

  • #Boertestimony

    28/09/2018 Duración: 05min

    Julle pragtige bliksems! In hierdie episode kyk ons na die #Boertestimony beweging.

  • Parlement Moles en Afrikaners in die Buiteland

    11/09/2018 Duración: 05min

    Praat saam op Twitter, laat my weet wat jy dink, jou opinie tel! Met baie liefde vir julle pragtige bliksems!

  • Onteiening opvolg en Fox Nuus insetsel

    05/09/2018 Duración: 05min

    Hoe lyk dit julle pragtige bliksems! Ek is Dirk Scheepers, hierdie is die DS Program en kom ons spring kop eerste in.Getroue luisteraars het versoek dat daar meer aandag geskenk word aan die onteiening sonder vergoeding sage so ons gaan gesels oor die nuutste gebeure rondom dit. En met dit, tot ‘n volgende keer, julle pragtige bliksems.

  • Die MiWay-fiasko

    21/08/2018 Duración: 05min

    MiWay se bedryfshoof maak 'n glips. Kort mense "Twitter-konsultante"? 5-minute van die DS Program se pret en plesier.Skakels: Dirk Hermann se briefhttps://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/miway-baas-klap-afrikaners-en-toe-klap-hulle-terug/Oorspronklike Twiet:https://twitter.com/reneotto5901/status/1027488170361999365

  • Die #farmlist-sage

    16/08/2018 Duración: 04min

    Julle pragtige bliksems! In hierdie episode kyk ons na die #farmlist-saga. Afriforum het ‘n lys in die hande gekry van 139 plase, ons weet nog nie presies hoe of van wie af nie, wat geoormerk is vir onteiening sonder vergoeding.

  • Afrikaners en Zoeloes vat hande?

    03/08/2018 Duración: 04min

    Kort op die hakke van die Zoeloe dreigemente van sesessie kom die aankondiging hierdie week dat Afriforum met Koning Zwelithini van die Zoeloes ontmoet het om grondonteiening sonder vergoeding te bespreek en selfs sy verjaarsdag-banket by te woon. https://www.thesouthafrican.com/afriforum-meet-with-zulu-king-zwelithini-discuss-land-expropriation/En vir die van julle wat nie die saga volg nie, soos ons se op die internet die tldr, too long didn’t read, die oorvereenvoudiging van die saak was dat Ramaphosa voorgestel het dat die Ingonyama trust nie die beplande onteiening wet sal vryspring nie. Daarop het die Zoeloe koning sy gat gewip en sy krygers en Impi saamgeroep en verskeie dreigemente gemaak in Ulundi. Ramaphosa moes toe bietjie terugval om sy gat te red en belowe die Zoeloe land sal nie gevat word nie, maar nie dieselfde beloftes gemaak aan die Afrikaners nie En toe hierdie week ontmoet die leiers van Afriforum en Solidariteit met die Zoeloe koning en regter Ngwenya wat as voorsitter van die Ingonyama t

  • Zoeloe Vryheid, die reënboognasie en die Afrikaner

    09/07/2018 Duración: 05min

    In hierdie episode kyk ons na die uitsprake van die Zoeloe koning en of die reënboognasie-idee dalk net bietjie verder besig is om sy gat te sien. Wat is jou opinie oor die idee van afstigting/sesessie?Twitter: @DSProgramWelkom aan die nuutste Afrikaanse politiek-podsending: @Podlitiek

  • Ashwin, Echbert en Ras

    26/06/2018 Duración: 06min

    Ook wil ek hierdie geleentheid gebruik om vir Willim Welsyn geluk te wens met sy Mediaveertjie wat hy toegeken is vir sy podsending, WAT met Willim Welsyn. Hier is die skakel: https://www.atkv.org.za/Kunste/Projekte/Feeste-Produksies/MediaveertjiesVir die van julle wat nuut is aan hierdie potgooi/podcast-ding en nog Afrikaanse inhoud smag, gaan laai gerus sy episodes af waarokal jy jou podsendings luister, sonder advertensies of sensuur, eerlik en rou, veral die een met Izak du Plessis, episode nommer 99, het ek baie geniet.Dis duidelik dat as mens na die vindinge van die onafhanklike ondersoek kyk dat Nick Mallet en Ashwin spesifiek nie oor die weg gekom het nie, en dit gebeur in elke werksomgewing.Kom praat gerus saam op Twitter by @DSProgram

  • Jan Bosman

    13/06/2018 Duración: 13min

    Hierdie episode is in onderhoud-formaat met Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond. Ek het hom uitgevra oor die organisasie se onlangse eeufeesvieringe en die toespraak wat Ramaphosa daar gelewer het. Skakel tot hulle webblad en die uitgewer van die boek 'Broederskap' (Eeufeesgeskiedenis van die Afrikaner-Broederbond en die Afrikanerbond 1918-2018) deur prof OJO Ferreira http://www.afrikanerbond.co.za/http://groep7-selfpublish-books.co.za/home/774-broederskap-eeufeesgeskiedenis-van-die-afrikaner-broederbond-en-die-afrikanerbond-1918-2018.html

  • Afrikanerbond en Radio Raps

    10/06/2018 Duración: 06min

    Julle pragtige bliksems!Is BEE nie die teenoorgestelde van nie-rassigheid nie? Hoe maak mens die onregte van die verlede reg met nog nuwe onregte in die hede? Of is dit hier waar die argument van sogenaamde positiewe diskriminasie inkom, as daar ooit so iets is wat bestaan? Radio Raps "Genuine" - https://twitter.com/RadioRaps/status/1004074454027206657https://www.enca.com/south-africa/should-ramaphosa-have-visited-the-afrikanerbond

  • Misdaad teen die Mensdom

    24/05/2018 Duración: 07min

    Ek het baie terugvoer gekry oor my laaste episode en daarvoor wil ek vir my luisteraars baie dankie sê! Ons gesels oor die olimpiese spele van verdrukking - alle skakels tot videos onder:Skakel Tucker Carlson: https://www.youtube.com/watch?v=l76v4JW2BtQ

página 3 de 3